Tuesday, July 27, 2010

1 Aug Kinderkerk tema

Die tema van komende Sondag se kinderkerk is: Vir wie is ek `n naaste?
Ons gesels oor die verhaal van die barmhartige Samaritaan in Lukas 10 en dat ons `n naaste vir alle ander mense kan wees deur hulle te help.

En Sondag skop ons barmhartigheids projek af. Ons gaan wys hoe baie ons omgee vir mense wat swaar kry deur kos, klere en allerhande items in te samel vir behoeftige mense in Claremont. Ek hoop almal gaan deelneem aan hierdie wonderlike inisiatief. Hou hierdie ruimte dop vir die nuutste nuus oor hierdie projek.

Mag elkeen `n baie geseende week hê.
Aasvoëlkop jeugleiers

Thursday, July 22, 2010

Aasvoëlkop se jongmense het `n blog!

Goeiemore

Hierdie is die amptelike blog vir NG gemeente Aasvoëlkop se jongmense. Hier sal jy fotos, inligting oor kategeselesse, inligting oor jeugaktiwiteite en nog baie meer kry.

Kom loer gereeld in op ons blog en kyk wat daar is.

O ja, ons het nou eers begin, so wees groot asseblief geduldig terwyl ons die blog mooi maak en inligting bywerk.

Komende Sondag se kinderkerk tema

Hierdie Sondag (25 Julie) is die tema by die kinderkerk: "God se belofte is waar".

Ons gaan met die kinders gesels oor hoe die belofte wat God aan Abraham gemaak het vandag nog waar is vir ons en hoe dit die kinders van vandag raak.

Kom en geniet God se belofte vir jou lewe!